Bosveld SportSport

Potties atlete wapper ‘n wenvlag

Die Potties Atletiekklub het vanjaar 10 spanne ingeskryf vir die Hout is Goud 80 km Dagbreker-uitdaagwedloop.

MOKOPANE – Die Potties Atletiekklub het vanjaar 10 spanne ingeskryf vir die Hout is Goud 80 km Dagbreker-uitdaagwedloop wat aan die 80 km oor 12 ure sirkelwedloop deelgeneem het. Die getal inskrywings het aan die Potties die prys vir die klub met die meeste atlete besorg.

Die volgende spanne het almal 80 km en meer kafgedraf en goue medaljes verdien:

• Elmarie en Carmen Badenhorst

• PC Botha en Andrea Ferreira

• Walter van Wyk en Jaeni Bester

• Sarie Coetzee en Cecilia Ferreira –  laasgenoemde twee verwerf ook die titel as algehele vrouespanwenners.

Die volgende spanne het 60 km en meer afgelê vir ‘n silwer medalje elk

• Gustav en Miemie van der Merwe,

• Norman en Delicia Gordon,

• Kas en Christelle Badenhorst,

• Hannes en Kobie Engelbrecht,

• Ronel Nel en Anne-Marie Steyn

• Thea Louw en Madelein Uys

“Dit was ‘n ongelooflike ervaring en die gees onder die Potties-atlete was fantasties,” het die atlete by hulle terugkeer gekoor. Hulle wil volgende jaar met ‘n nog groter span gaan deelneem.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button