Atlete draf, trap ewe flink
Die lede van die Potties Atletiekklub het verlede naweek hulle draf, stap en fietsryvernuf in verskeie wedlope in meer as twee provinsies gewys en Mokopane se naam hoog gehou.
MOKOPANE – Die lede van die Potties Atletiekklub het verlede naweek hulle draf, stap en fietsryvernuf in verskeie wedlope in meer as twee provinsies gewys en Mokopane se naam hoog gehou.
Kolonnade Retail Park
Estelle Geerkens, Sarie Coetzee en Hannes Nel spog met die Kolonnade Retail Park 21 km wedloop in Pretoria op hul drafkerfstok nadat hulle dié wedloop verlede Saterdag voltooi het.
Bela Bela Marathon
PC Botha, Andrea Ferreira, Cheraye Engelbrecht, Cecilia Ferreira, Aubrey Baloyi, Rinnette van Rooyen, Farhana Seedat, Lucas Khalo, Gavin Spurgeon, Gustav van der Merwe en Miemie van der Merwe het hulle staal in verskeie afstande van ‘n 5 km tot ‘n 42 km tydens die Bela Bela Marathon getoets.
Meesters Atletiekbyeenkoms
Daleen van Zyl het verlede naweek die klub in Bloemfontein tydens die Meesters Atletiekbyeenkoms met trots gaan verteenwoordig.
Momentum 94.7
Estelle Geerkens en Sarie Coetzee het Sondag tydens die gewilde Momentum 94.7 fietsryuitdaging hulle sokkies opgetrek en gewys hulle kan net so hard en vinnig trap soos wat hulle lag-lag ‘n marathon kan kaf draf.






