Bosveld SportSport

Skolerugby seëvier

Die 26ste Mauritz Hansen Rugbyweek was weereens ‘n groot sukses en Hoërskool Piet Potgieter, Hoërskool Hans Strijdom en selfs Waterberg High School se spelers het op verskeie spanne se tone getrap.

MOKOPANE – Rudolf de Vos, organiseerder van die toernooi wat op Mookgophong gehou is, is tevrede en sê die seuns het hulle harte uitgespeel.

“Daar is reeds sewe skole wat laat weet het hulle wil aanstaande jaar weer deel van die reuse rugbyweek wees. Ons gaan vorentoe net groei.”

Lees ook: Rugby kraai hier koning

Waterberg High School is vir die eerste keer in die geskiedenis van die Mauritz Hansen Rugbyweek uitgenooi om deel te neem en afrigter Willie Strauss sê dit was ‘n groot voorreg.

Michael Louw, losskakel van Hoërskool Hans Strijdom se tweedespan, maak gereed om bal uit te gee.

“Ons o/14-span het ten minste een van hul drie wedstryde gewen. Hulle het teen Northcliff gespeel en die telling was 14-10 in ons guns met Temosho Masubela as die speler van die wedstryd.”

Hoërskool Hans Strijdom se spelers het alles ingesit met die dat hulle hoof, George Klopper, vandeesmaand aftree.

Rynard du Plooy, Hoërskool Hans Strijdom se o/15 losskakel, in aksie.

Die eerstespan wat die wenbeker vanjaar huis toe gevat het, is Hoërskool Oos Moot van Pretoria. Die span klop Witteberg High School met ‘n telling van 28-26.

Keenan Brandt van Hoërskool Hans Strijdom is gekies vir die toerspan wat later in Engeland gaan speel.

Uitslae van die Hansies en HPP se spanne is as volg met die speler van die wedstryd in hakies:

3 April:

• Hans Strijdom se eerste span wen Hoërskool Erasmus met 26-3 (Kiewiet van Niekerk).
• Hans Strijdom se tweedespan wen Morgenzon Landbou Akademie met 51-0 (JC Buys).
• Hans Strijdom se o/14 span wen Hoërskool Lydenburg met 45-29 (Hannes Fourie).
• Hans Strijdom se o/15 span wen Morgenzon Landbou Akademie met 61-8 (Kobus Heymans).
• HPP se o/15 span wen Hoërskool Oos Moot met 29-5 (Percy Hawken).
• HPP se tweedespan wen Hoërskool Dinamika met 17-14 (Franco du Toit).

5 April:

• Hans Strijdom se o/16 span wen Hoërskool Dinamika met 17-12 (Jandré Louw).
• Hans Strijdom se tweedespan wen Hoërskool Dinamika met 13- 5 (Alex Wessels).
• HPP se eerstespan wen Port Natal Skool met 15-12 (CG Kruger).
• HPP se o/15 span wen Hoërskool Dinamika met ‘n telling van 21- 7 (Stefan Venter).

7 April:

• Hans Strijdom se o/16 span wen Hoërskool Lydenburg met 50 – 7 (Hannes Terblanche).
• Hans Strijdom se o/14 span wen Hoër Tegniese Skool John Vorster met 17-5. (Hannes Fourie).
• Hans Strjidom se o/15 span wen teen Northcliff High School met ‘n telling van 44-10. (Nieard Rietchard).
• HPP se eerstespan wen Hoërskool Pionier met 28-14 (SW Bruwer).
• HPP se o/16 span wen Hoërskool Dinamika met 12-7 (Dian Theron).
• HPP se o/14 span wen Hoërskool Oosterlig met 24-12 (Michael de Beer).
Percy Hawken (o/15) van HPP is aangewys as speler van die week, terwyl Justin Nel en CG Kruger gekies is vir die Mauritz Hansen XV-tal-span. Hulle gaan later vanjaar na Engeland toer. Keenan Brandt van die Hansies is ook deel van die toerspan.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button