Bosveld SportSport

Fietsryers durf Brug na Berg-langpad aan

Die jaarlikse Brug na Berg Fietsrit is weer Saterdag gehou en 11 fietsryers van Mokopane het die kilometers plat getrap.

MOKOPANE – Carel Taljaard, organiseerder van die Mokopane skof, vertel Mokopane is die derde rit van die 21 skofte wat gery word. Die fietsryers ry 140 km tot in Bela-Bela.

“Ek is dankbaar om te sien dat belangstelling toegeneem het. Verlede jaar was daar ses fietsryers en vanjaar het daar vyf bygekom.”

Jakkie van der Kolff (76), die stigter van die fietsrit, sê dit is die tweede Brug na Berg fietsrit.

Met die miskombers vroeg Saterdagoggend nog oor Mokopane het die fietsryers voor die Wimpy in Thabo Mbekistraat weggespring en die 140 km aangepak.

“Dit is wanneer fietsryers van Beitbrug tot Kaapstad (Tafelberg) ry. Die afstand is ongeveer 2 200 km en in 21 skofte ingedeel. Elke groep ry hul skof afsonderlik en op dié manier word die afstand in minder as 12 ure afgelê.”

Van der Kolff sê dit is nie ‘n wedren nie, maar ‘n rit waar daar langs die pad gestop word vir ontbyt of middagete en daar word selfs vleis gebraai. “Dit is ‘n fietsrit vir oud en jonk om die veiligheid van fietsryers en fietsry as ‘n gesinsport te bevorder.”

Van der Kolff sê Saterdag se fietsrit was vir drie fietryers besonders. “Die oudste fietsryer was 75 jaar oud wat van Louis Trichardt tot by Polokwane gery het. Die jongste ryer was ‘n meisie van agt jaar en sy het 26,5 km afgelê en ‘n seun van 11 jaar het 130 km gery van Hopetown tot by Britstown. So jy het nie ‘n verskoning nie, daar is nie so iets soos te jonk of te oud nie. Volgende jaar wil ons ‘n rekordgetal inskrywings hê.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button