Die wenspan is die span van John Deere met spelers André Terblanche (hoofborg, Wenkem), Erhard Spies, Riaan Foord, Jaco Thornhill , Hannes van Deventer, Hano Geerkens (Tom Burke Boerevereniging) wens hul geluk, Jacques Malan (hoofborg, Starke Ayers) en Frikkie Bam.
MOKOPANE – Die dag is gehou as deel van ‘n geldinsamelingprojek om sekuriteit in die area op te skerp.
Die span wat ‘n tweede plek verower het, is Emiele Redpath (links) en Danie Els (regs). Saam met hulle op die foto is Coeta Coetzee en Hano Geerkens van Tom Burke Boerevereniging en Monja Coetzee. Afwesig: Armand van der Linde en Coetzer Hattingh.
Altesaam 108 spelers het aan die vier bal alliansie ‘scramble’ dryf met ‘masker’ deelgeneem. Hano Geerkens van die Tom Burke Boerevereniging sê dit is nog nie bekend hoeveel geld ingesamel is nie, maar almal het die dag geniet.
Die derde plek wenners is: Deidre Bower en Koos Meyer. Coeta Coetzee en Hano Geerkens van Tom Burke Boerevereniging wens hul geluk. Saam met hulle is Monja Coetzee. Afwesig: Claassen van der Linde, Christo Willemse en Johan Scheepers.