Bosveld SportSport

Gholfballe geslaan om Riaan te help

'n Gholfdag is verlede Saterdag ten bate van Riaan de Visser gehou wat aan Autosomale Dominante Polisistiese Niersiekte (ADPKD) lei.

POLOKWANE – Riaan (47), ‘n oud-leerder van Hoërskool Piet Potgieter, het geen bekendstelling nodig nie en is ‘n bekende in die restaurantbedryf in Mokopane. Die breinkind agter die gholfdag was Marlize van der Merwe en die organiseerders van die dag, Janette Niemandt en Mariëtte Roos, oud-skoolvriendinne van Riaan.

Janette sê die dag wat by die Kameeldoring Gholfbaan gehou is, was ‘n reuse sukses en sy bedank almal wat ‘n bydrae gemaak het tot die geldinsamelingsprojek. “Mokopane se gemeenskap wys telkens as daar nood is, sal hulle help.

Karin Steyn en Vanessa Potgieter (afwesig) het die tweede plek in die vroue-afdeling gekry.

“Alle geld gaan na Riaan se familie om hulle finansieel te help om mediese kostes te betaal.”

Riaan se vrou, Adele, sê haar man is op ‘n jong ouderdom met ADPKD gediagnoseer. “ADPKD is ‘n genetiese afwyking wat oorerflik is en gekenmerk word deur die groei van talle siste op die niere. Simptome ontwikkel gewoonlik tussen die ouderdomme van 30 en 40, maar dit kan vroeër begin, selfs in die kinderjare. Die siekte veroorsaak pyn in die rug en die sye, hoofpyn lewer- en pankreas siste, urienweginfeksies, abnormale hartkleppe, hoë bloeddruk, nierstene, brein-aneurismes en divertikulose. Daar is geen geneesmiddel vir ADPKD nie en behandeling verlig slegs die simptome. Riaan ontvang op die oomblik drie keer per week dialise en kan nie meer werk nie.

Tony Hawken wens Nadien en Dayne Brews geluk met hulle derde plek in die vroue-afdeling

Sy mediese uitgawes is astronomies. Hoewel ons ‘n mediese fonds het, dek dit nie al Riaan se uitgawes nie en plaas dit ons onder groot finansiële druk. Ons is regtig baie dankbaar vir almal se bydraes tot die fondsinsameling.”

Adele sê Riaan het vroeër vanjaar die groenlig gekry vir ‘n nieroorplanting en sy naam is nou op die kortlys.”

Die kleurvolle Gerhard Jansen van Vuuren het gesorg dat R5 000 se kaartjies vir die gelukstrekking verkoop word.

Dit kan egter steeds jare vat voor’n geskikte skenker gevind word.” Donasies kan hier inbetaal word: Shaun McGrath Prokureurs Trustrekening, Absa Bank, Tjekrekening, Mokopane, Tak kode: 632 005, rekening nommer: 1210155453. Verwysing: SR0090 + Van/ Besigheids naam.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button