Local sportSport

5 Gymstar-gimnaste wen groot

Vyf van Gymstars Gimnastiekklub se senior ritmiese gimnaste het die Kaap behoorlik goud geverf en met 14 medaljes huistoe gekom na die afgelope Suid-Afrikaanse Gimnastiekspele wat van 9 tot 11 Oktober plaasgevind het.

POLOKWANE – Vyf van Gymstars Gimnastiekklub se senior ritmiese gimnaste het die Kaap behoorlik goud geverf en met 14 medaljes huistoe gekom na die afgelope Suid-Afrikaanse Gimnastiekspele wat van 9 tot 11 Oktober plaasgevind het.

Die spele het al die verskillende vorms van gimnastiek behels en Gymstars se span het uitgeblink in al die ritmiese items waaraan hulle deelgeneem het.

Eienaar en hoofafrigter van die klub, Lelanie Logtenberg, sê sy is ongelooflik trots op hierdie groepie gimnaste wat so hard gewerk het en nou die vrugte van hulle harde werk gepluk het.

“Dis ‘n voorreg om met sulke pragtige meisies te kan werk wat nie net hard werk nie, maar ook groot maats is.”

Uitslae:

• Zoë Galloway (vlak 4) het goud gekry vir haar balreeks en ‘n brons medalje vir vryhand in die o/9-afdeling.

• Lize van Ryneveld (vlak 4) was die algehele wenner in die o/13-afdeling en het goud vir vryhand en balreeks asook ‘n silwer medalje vir tou en hoepel gewen.

• Chante Serfontein (vlak 4) het ‘n algehele tweede plek in o/13-afdeling behaal en het goud vir tou, silwer vir haar hoepel en brons vir haar balwerk gewen.

• Danica Maritz (vlak 4) was 12de algeheel in die o/13-afdeling

• Anika Myburgh (vlak 4) het goud vir tou en silwer vir vryhand in die o/15-afdeling gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button