Skermers takel Gauteng Ope
Firebird Skermklub se lede het op 6 en 7 Desember deelgeneem aan die Gauteng ope skermkampioenskappe in Orlando, Soweto.
POLOKWANE – Firebird Skermklub se lede het op 6 en 7 Desember deelgeneem aan die Gauteng ope skermkampioenskappe in Orlando, Soweto.
“Ek is baie trots op die skermers en op die verbetering wat hulle getoon het,” het afrigter, Wally Goosen, gesê.
Danica Opperman het ‘n silwer medalje in die vroue kadet foil-afdeling huistoe gebring, maar is in die eliminasieronde van die junior vroue epée-afdeling uitgeskakel.
Henry Randall het deurgedring na die top 16 van die o/20 junior mans epée-afdeling.
Jandré Nel het deurgedring na die top 16 rondte van o/20 die junior mans epee en is uitgeskakel in die eliminasie rondte van die o/20 junior mans foil-afdeling.
Nel het ook deurgedring na die top agt van die senior mans foil-afdeling.
Charl Venter het deurgedring tot die top 16 van die o/17 kadet mans epee-afdeling en die top 16 van die o/17 kadet mans foil-afdeling.
Venter is dring ook deur na die top 16 van die junior mans o/20 foil-afdeling.
Randall en Nel is ook beide in die eliminasieronde van die senior mans epée-afdeling uitgeskakel.



