Local sportSport

Luhandi leef haar passie vir langafstande voluit

Luhandi Schutte is nie een wat terughou as sy agter die skoolbanke of op die atletiekbaan is nie.

POLOKWANE – Dié jong meisie is die enigste atleet van Laerskool Pietersburg (PLS) wat later vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Atletiek kampioenskap gaan deelneem.

Die appel val nie ver van die boom nie want Luhandi se pa, Louis, is ‘n atletiekafrigter en haar ma, Johanna, hou steeds ‘n interhuis rekord van die tagtigerjare wat sy in die stad opgesit het. “Ek hou van atletiek, veral hardloop, want dit hou my fiks. As ek hardloop wil ek so gou as moontlik klaarmaak omdat ek langafstande hardloop en as ek nie hardloop dink ek daaraan, dit is deel van wie ek is,” vertel sy.

Luhandi Schutte en haar pa Louis.

Luhandi hoop om tydens die kampioenskap goed te vaar. Die kwalifiserende tyd vir die 1 200m was 4:14 en Johandi se tyd was 4:05.

“Ons is baie trots op haar en kan nie wag om te sien hoe sy die skool se naam gaan hoog hou nie,” vertel PLS Skakelbeampte, Charlot van den Bergh.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button