School sportSport

Gemengde welslae vir Pietie-hokkiespelers in Tuksreeks

Die hokkiespanne van die Hoërskool Pietersburg het tydens die afgelope skoolvakansie aan verskeie hokkietoere en toernooie deelgeneem en gemengde welslae behaal.

POLOKWANE – Die hokkiespanne van die Hoërskool Pietersburg het tydens die afgelope skoolvakansie aan verskeie hokkietoere en toernooie deelgeneem en gemengde welslae behaal.

Tuksreeks kwarteindronde:

PHS meisies o/14A:

• Gelyk 1-1 teen Afrikaans Hoër Meisies en Hoërskool Menlopark;

• Wen 4-0 teen St Mary’s High;

• Wen 10-0 teen Hoërskool Garsfontein,

• en wen 2-0 teen Hoërskool Garsfontein in die finaal.

PHS meisies o/15A:

• Wen 11-0 teen Westridge High School;

• Wen 4-0 teen Afrikaans Hoër Meisies;

• Wen 7-0 teen Hoërskool Noordheuwel;

• Wen 8-0 teen Hoërskool Zwartkop;

• Wen 6-1 teen Hoërskool Zwartkop in die semifinaal, en

• wen 5-1 teen Hoërskool Noordheuwel in die finaal.

PHS meisies o/16A:

• Verloor 1-0 teen Hoërskool Ermelo;

• Wen 4-0 teen HTS Middelburg;

• Wen 2-0 teen Hoërskool Garsfontein;

• Wen 7-0 teen Hoërskool Menlypark se uitnodigingspan;

• Wen 2-1 teen Hoërskool Eunice in die semifinaal, en

• wen 2-0 teen Hoërskool Ermelo in die finaal.

PHS-meisieseerstespan:

• Wen 4-0 teen Kingsway High School;

• Wen 3-0 teen Hoërskool Ermelo;

• Gelyk 1-1 teen Girls’ College;

• Wen 5-0 teen Watershed High School;

• Wen 3-0 teen Hoërskool Jim Fouche in die semifinaal, en

• wen 3-2 teen Hoërskool Ermelo in die finaal.

PHS seuns o/16:

• Gelyk 1-1 teen Hoërskool Dundee;

• Wen 3-0 teen Hoërskool Tygerberg;

• Gelyk 2-2 teen Hoërskool Montana;

• Wen 4-0 teen Midstream High School;

• Verloor 3-0 teen Midstream High School se eerstespan, en

• Wen 2-0 teen Hoërskool Aliwal-Noord.

PHS-seunseerstespan:

• Wen 4-0 teen Midstream High School;

• Wen 7-0 teen Hoërskool Kroonstad;

• Wen 5-0 teen Midstream High School se o/16-span;

• Wen 2-0 teen Bethlehem Voortrekker Hoër, en

• wen 2-0 teen Hoërskool Dundee.

Spesiale vermeldings:

• Jaco Potgieter, Juan Esterhuizen, Andre Viljoen, Johan Kruger en Jaco Kriel is gekies vir die Tuks-reeks toernooispanne wat uit verskeie van die beste spelers op die dag gekies word. Dié span het op die laaste dag van die toernooi in die finaal gespeel.

• AJ Nel en Arouna van der Walt is aangewys as afrigters van dié toernooispanne.

• PHS is aangewys as die span wat hulle die beste gedra het op en van die veld af.

• Anja Maree en Anandre van der Nest is gekies vir die All Stars-span.

• Juan Esterhuizen is aangewys as beste doelwagter.

• Jaco Potgieter is aangewys as speler wat die meeste doele (14) aangeteken het tydens die toernooi.

• Jaco Kriel is aangewys as beste speler van die seunstoernooi.

• Tanya Prinsloo is aangewys as beste speler van die meisiestoernooi.

• Chanel Brown en Marienette Neethling is opgeneem in die o/15-toernooispan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button