School sportSport

Kragtoer na kragtoer vir Pieties se netbal

Die Polokwane-kring se netballiga is in volle gang en Hoërskool Pietersburg (PHS) is een van die skole waarmee rekening gehou moet word, meen hul netbalorganiseerder, Elmarie Craig.

POLOKWANE – Die Polokwane-kring se netballiga is in volle gang en Hoërskool Pietersburg (PHS) is een van die skole waarmee rekening gehou moet word, meen hul netbalorganiseerder, Elmarie Craig.

Op 5 Mei het die netbalspanne van Capricorn High School en PHS mekaar die stryd aangesê op Capricorn se netbalbane.

Uitslae:

• o/14A, PHS wen 28-5.

• o/14B, PHS wen 25-4.

• o/14B2, PHS verloor 18-8.

• o/15A, PHS wen 36-16.

• o/15B, PHS wen 27-3.

• o/15B2, PHS wen 13-6.

• o/16A, PHS wen 34-9.

Op 8 Mei het die netbalspanne van die Hoërskool Pietersburg teen die spanne van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé meegeding op Tom Naudé se netbalbane en PHS se uitslae:

• o/14A, PHS wen 35 – 7.

• o/15A, PHS wen 43 – 9.

• o/15B, PHS wen 25 – 5.

• o/16A, PHS wen 47 – 0.

• o/17A, PHS wen 34 – 9.

• o/18A, PHS wen 43 – 11.

“Baie dankie aan elke speler vir die harde spel en goeie gedrag tydens die netbalwedstryde teen die verskeie skole in die liga.

“Baie geluk aan al die spelers en afrigters. Ons is opgewonde oor die seisoen wat voorlê,” sê Anna-Marie Schoeman, skakelbeampte van PHS.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button