PHS se eerstemuurbalspan vaar besonder goed in TUKS-reeks
Hoërskool Pietersburg (PHS) se eerstemuurbalspan het deelgeneem aan die Tuks-reeks op Tukkies se bane van 21 tot 23 April.
POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg (PHS) se eerstemuurbalspan het deelgeneem aan die Tuks-reeks op Tukkies se bane van 21 tot 23 April.
Dit was die eerste jaar dat die muurbalspanne se uitslae getel vir die finale uitslae van die Tuks-reeks en PHS se spanne het nie teruggestaan vir hul kompetisie nie.
PHS se eerstemuurbalspan het ‘n algehele tweede plek uit die 16 deelnemende skole behaal.
Christiaan Labuschagne het al sy wedstryde gewen wat hom die beste speler van die toernooi gemaak het.
Alta Botha spanbestuurder het vertel dat PHS se muurbalspelers niks meer as harde werk in elke wedstryd gesit het nie en daarom sien mens dit aan die vrugte wat hulle in al die wedstryde pluk.



