School sportSport

Pieties gee Peppsies gas by netbal

Die Pieties (Laerskool Pietersburg) en Peppsies (PEPPS Polokwane Preparatory School) het mekaar op 15 Mei die stryd aangesê op Laerskool Pietersburg (PLS) se netbalbane.

POLOKWANE – Die Pieties (Laerskool Pietersburg)en Peppsies (PEPPS Polokwane Preparatory School) het mekaar op 15 Mei die stryd aangesê op Laerskool Pietersburg (PLS) se netbalbane.

Die klank van tekkies op die baan en die toeskouers wat “hop, hop spinnekop” in ‘n koor skree het die dag gekenmerk.

Die spelers van die o/11A- en o/12A-spanne het aksiebelaaide wedstryde gespeel, met spelers wat gereeld deur die lug geseil het agter die bal aan.

Louise van Ryneveld, hulpdoel van PLS o/12A-span het besonder goed gespeel op die dag en die bal gereeld vir haar span voor die neuse van hul teenstanders weggeraap.

Die uitslae was as volg:

• o/9A PLS wen 18-1.

• o/9B PLS wen 18-0.

• o/10A PLS wen 23-0.

• o/10B PLS wen 21-0.

• o/11A PLS wen 39-3.

• o/11B PLS wen 30-0.

• o/12A PLS wen 22-2.

• o/12B PLS wen 19-3.

• o/13A PLS wen 46-0.

• o/13B PLS wen 30-0.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button