Hokkiespelers in naelbyt-styd
Die seunshokkiespanne van Curro Heuwelkruin Hoërskool en Hoërskool Ben Viljoen het mekaar die stryd aangesê op die Hoërskool Pietersburg se Astro hokkiebaan verlede Woensdag.
POLOKWANE – Die seunshokkiespanne van Curro Heuwelkruin Hoërskool en Hoërskool Ben Viljoen het mekaar die stryd aangesê op die Hoërskool Pietersburg se Astro hokkiebaan verlede Woensdag.
Met hoë balle wat raak-raak die spelers se koppe gemis het, het die spanne van beide skole die toeskouers behoorlik laat naels kou van senuwees.
Mannie Geerdts, een van die ouers van Hoërskool Ben Viljoen, het gesê dat dit baie lekker was om seunshokkie op so ‘n hoë vlak te sien en dit maak dit vir die spelers en ondersteuners die moeite werd om so ver te ry om net een of twee wedstryde by te woon.
Uitslae:
• o/16-spanne speel gelykop 1-1, en
• eerstespanne, Ben Viljoen wen 4-1.



