School sportSport

Sportmangees wen op dié sportdag

Dit is vir die Hoërskool Ben Vorster 'n besondere voorreg om weer vanjaar deel te wees van die jaarlikse "FNB - Classic Clashes".

Dit is vir die Hoërskool Ben Vorster ‘n besondere voorreg om weer vanjaar deel te wees van die jaarlikse “FNB – Classic Clashes”. Hierdie is die derde jaar wat die kragmeting geskied tussen Ben Vorster en PHS en weet die vriendskapsbande nog sterker sal wees soos die toernooi verloop.

Tradisioneel lewer hierdie dag altyd momente op van uiterste toewyding, maksimum gebruik van vaardighede en elke deelnemer gee sy of haar alles op die sportveld. Saam met die harde kompetisie is dit jaarliks opmerklik hoedat die leerlinge van beide skole, nadat hulle mekaar hard aangevat het, tog in goeie sportmangees, mekaar gelukwens en oor-en-weer selfs drukkies uitdeel.

Hierdie geleentheid is een van die nuwe tradisies tussen die twee skole wat in die komende jare in stand gehou moet word – uiteindelik is dit nie die wen waarom alles gaan nie, maar eerder die vermoë om met elke greintjie energie vir ‘n bepaalde entiteit (die skool) mee te ding.

Dit opsigself bevorder trots, ‘n eiesoortigheid en ‘n eie identiteit.

Verdermeer is dit immers energie wat belê word sonder om noodwendig iets in ruil daarvoor te ontvang – om op te offer ter wille van ‘n saak en nie ter wille van materiële, finansiële of een of ander gewin wat hieruit voortvloei nie. Om ‘n deel van ‘n naweek op te offer op die pawiljoen, spanmaats te ondersteun, te kompeteer op die sportveld en niks in ruil daarvoor te ontvang nie, is beginsels wat later van elke mens verwag word binne die breë samelewing .

Dae soos hierdie leer ons kinders om eie belang ‘n slag eenkant toe te skuif en ter wille van die saak betrokke te wees.

Mag hierdie dag vanjaar weer groot opwinding vir elkeen wat daaraan deel het, teweegbring.

Kompetisie haal die beste uit enige individu wat die moeite werd is. Dit is juis vanweë hierdie strewe van twee spog skole om elk in eie reg ons leerlinge ten beste toe te rus vir die toekoms wat wag, dat ongekende prestasies oor jare heen gemanifesteer het.

Mag elkeen van u hierdie dag geniet, die mooi momente onthou, met die klem op ware sportmangees, sodat ons die tellings dadelik vergeet, maar die beelde van briljantheid, toewyding, lojaliteit en trots met ons saam neem.

Ons innige dank aan ons borge met die klem op ENB, wat hierdie besonderse dag moontlik maak, sowel as die gasheerskool PHS.

Mag ons almal die dag saam geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button