Osie-netbal is tops
Drie netbalspanne van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) is verlede Woensdag as Limpopo ligawenners gekroon nadat hulle geseëvier het in die finale van dié netballiga.
POLOKWANE – Drie netbalspanne van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) is verlede Woensdag as Limpopo ligawenners gekroon nadat hulle geseëvier het in die finale van dié netballiga.
Die Osies se netbalspanne het hierdie wedstryde op die bane van Laerskool Tzaneen gewen.
• Die o/13A-span het teen Laerskool Phalaborwa in die finaal gespeel en dié kragmeting 18-6 gewen.
• Die o/13B-span het Laerskool Tzaneen se span in die finaal ontmoet en dié stryd 17-2 gewen.
• Die o/11A-span het teen Laerskool Pietersburg in die finaal gespeel en dié wedstryd 14-9 gewen.
“Ons is besonder trots op al ons Limpopo wenners,” het Anri smit, een van Oosskool se netbalafrigers, gesê.
Die o/11B- en 0/12B-spanne het ook goed gevaar in die liga, maar in die finaal vasgeval. Dié spanne het as naaswenners uit die stryd getree.



