School sportSport

Tommies wys Piet Potgieter wie is baas op die rugbyveld met 3 oorwinnings

Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se rugbyspanne het Saterdag in Polokwane teen die spanne van Hoërskool Piet Potgieter van Mokopane te staan gekom.

POLOKWANE – Die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se rugbyspanne het Saterdag in Polokwane teen die spanne van Hoërskool Piet Potgieter van Mokopane te staan gekom.

Die dag se program het met ‘n nederlaag of twee vir Tom Naudé begin toe die besoekers hul o/14A-span 69-0 verniel het.

Die Tommies se o/15A-span het ook gesukkel teen Piet Potgieter en dié twee spanne het uiteindelik 24-24 gelykop gespeel.

Dit was egter die gasheer se o/16A-, tweede- en eerstespan wat die Tommies weer op die wenpad gesit het met hul oorwinnings.

Die o/16A-span moes kliphard veg vir hul naelbyt-oorwinning van 20-15. Die tweedespan het egter die weg vir die Tommies se wenuitslae gebaan toe hulle Piet Potgieter 55-0 geklop het.

Die Tom Naudé-spelers se geesdrif het hoog geloop in die eerste-span-wedstryd en Piet Potgieter het gesukkel om die begeesterde Tommies van hul doellyn weg te hou.

Die verdediging van Tom Naudé was ook onverskrokke in hul aanslag en Piet Potgieter kon eers in die doodsnikke van dié wedstryd daarin slaag om ‘n verdoelde drie teen Tom Naudé aan te teken.

Die tuisspan het ‘n welverdiende oorwinning van 35-7 gevier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button