Titaniese stryd op die rugbyveld
Dit was oos teen suid in 'n titaniese plaaslike skolerugbyderby op 12 Junie op Laerskool Pietersburg se velde.
POLOKWANE – Dit was oos teen suid in ‘n titaniese plaaslike skolerugbyderby op 12 Junie op Laerskool Pietersburg se velde.
Die rugbyspanne van Laerskool Pietersburg en Laerskool Pietersburg-Oos het in goeie gees op die veld uitgedraf vir dié spesiale Limpopo-ligawedstryde.
Voor die eerste wedstryde, wat om 12:00 afgeskop het, het leerders en ouers na PLS se velde gestroom om die rugby-aksie op die veld mee te maak en om hul spanne aan te moedig.
PLS se 0/9-span het 14-0 gewen en die o/11-span het 7-5 gewen.
PLS se o/10-, o/13C-, o/13B- en o/13A-spanne kon geen punte teen Oosskool aanteken nie.
Oosskool se o/10-span het PLS se span goed pakslae gegee en dié wedstryd met 63-0 beklink.
Osies se derdespan het hulle wedstryd 27-0 gewen, die tweedespan het 26-0 gewen en die eerstespan het PLS met ‘n wegholtelling van 54-0 verpletter.
Die Limpopo-finale, is Saterdag in Bela-Bela gespeel, maar teen druktyd was die uitslae van dié wedstryde nog nie bekend nie.



