School sportSport

Seunshokkiespanne speel vir plek in Noordvaal-finaal in Polokwane

Verlede Saterdag het die seunshokkiespanne van verskeie skole mekaar die stryd aangesê op Hoërskool Pietersburg (PHS) se velde.

POLOKWANE – Verlede Saterdag het die seunshokkiespanne van verskeie skole mekaar die stryd aangesê op Hoërskool Pietersburg (PHS) se velde.

PHS, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Ben Viljoen, Hoërskool Merensky, Stanford Lake College en Groblersdal Academy het sake op die hokkieveld uitgespook om te bepaal watter spanne in die Noordvaal-finale sal speel in Augustus.

Uitslae:

• Die o/14-span van PHS wen 2-0 teen Louis Trichardt en tree as Limpopo-wenners uit die stryd.

• Die o/16-span van Ben Viljoen wen 3-2 teen PHS en tree as Limpopo-wenners uit die stryd.

• Die tweede span van Merensky wen 3-0 teen PHS en tree as Limpopo-wenners uit die stryd.

• Die eerste span van PHS wen 2-0 teen Ben Viljoen in die semi-finaal, maar verloor 2-1 teen Merensky 2-1 in die finaal.

Die o/14-seunshokkiespan van PHS neem van 7 tot 9 Augustus in Vereeniging deel aan die Noordvaalkompetisie, terwyl die skool se eerste span na Potchefstroom vertrek vir hul laaste wedstryd van die seisoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button