School sportSport

Skolerugby van die hoogste gehalte

Die eerste-rugbyspan van Hoërskool Pietersburg (PHS) het Saterdag op die rugbyvelde van HTS Tom Naudé hul semi-finaal van die Limpopo Blou Bulle Hoërskolerugbyvereniging se grootskoleliga teen die eer-stepan van Hoërskool Piet Potgieter kragte gemeet.

POLOKWANE – Die eerste-rugbyspan van Hoërskool Pietersburg (PHS) het Saterdag op die rugbyvelde van HTS Tom Naudé hul semi-finaal van die Limpopo Blou Bulle Hoërskolerugbyvereniging se grootskoleliga teen die eer-stepan van Hoërskool Piet Potgieter kragte gemeet.

Die Pieties het hierdie wedstryd 34-17 gewen.

Hiermee verseker PHS hul plek in die ligafinaal teen die span van Hoërskool Frikkie Meyer.

Frikkie Meyer se eerste-span het in húl semi-finaal die span van Ben Vorster uitgeknikker om op 26 Julie, weer op Tom Naudé se velde, in die finaal teen PHS te staan te kom.

‘n Aantal ander spanne van PHS het ook Saterdag in die liga se semi-finale meegeding.

Die tweedespan van PHS het hul finaal in dié liga gespeel teen die span van Frikkie Meyer. PHS het vanjaar se tweedespan-ligakroon ingepalm met ‘n eindtelling van 31-18.

Dié skool se o/16B-span het ook op 7 Junie húl liga-finaal gewen.

Pietersburg se o/16A-span het in hul halfeindstryd teen Piet Potgieter ‘n plek in die finaal bespreek met ‘n oorwinning van 62-0.

In die semi-finale vir o/15A- en o/14A-spanne is beide die spanne van PHS uitgeskakel deur Frikkie Meyer. Frikkie Meyer wen die o/15A-semi-finaal met 24-12 en in die o/14A semi-finaal wen Frikkie Meyer met 25-17.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button