Osies o/13-spanne lig Limpopo-trofeë
Laerskool Pietersburg-Oos se eerste- en tweederugbyspanne is as Limpopo-kampioene gekroon na die Limpopo-ligafinale wat op 21 Junie in Bela-Bela op Hoërskool Warmbad se rugbyvelde gespeel is.
POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos se eerste- en tweederugbyspanne is as Limpopo-kampioene gekroon na die Limpopo-ligafinale wat op 21 Junie in Bela-Bela op Hoërskool Warmbad se rugbyvelde gespeel is.
Die Osies se eerstespan het in die semi-finale teen Laerskool Thabazimbi te staan gekom en het ‘n harde wedstryd uiteindelik met ‘n telling van 12-5 beklink.
Die span het in die finaal teen Laerskool Louis Trichardt te staan gekom en die stryd oortuigend met ‘n eindtelling van 22-5 gewen.
Brandon Cronjé, Erik Knoetze, Tiflin Brown en Dewan Janse van Rensburg het agter die doellyn gaan kuier vir die Osies.
Die Osies se tweedespan het ook in die Limpopo-finaal uitgeblink en het teen die span van Laerskool Thabazimbi uitgedraf.
Jan-Hendrik Botha en Deon Kriel het elkeen ‘n drie gedruk en teen die tyd wat die eindfluitjie geblaas is, was die telling gelykop 10-10.
Oosskool en Laerskool Thabazimbi deel die trofee.



