School sportSport

PLS rugbyspanne loop liga storm

Twee rugbyspanne van Laerskool Pietersburg (Suidskool) is as Limpopo-ligakampioene aangewys na die Limpopo-ligafinale wat verlede week by Hoërskool Warmbad in Bela-Bela gespeel is.

POLOKWANE – Twee rugbyspanne van Laerskool Pietersburg (Suidskool) is as Limpopo-ligakampioene aangewys na die Limpopo-ligafinale wat verlede week by Hoërskool Warmbad in Bela-Bela gespeel is.

Die o/9-rugbyspan het in die semi-finale teen Laerskool Krugerpark te staan gekom en die wedstryd met ‘n eindtelling van 15-0 beklink.

In die finaal teen Laerskool Pietersburg-Oos het die span weer hulle staal gewys en die kragmeting 20-14 gewen en só ook die Limpopo trofee ingepalm.

Die o/11-rugbyspan het ook gewys van watter stoffasie hulle gemaak is en het Laerskool Thabazimbi 20-12 geklop in die semi-finale. In die finaal het die span teen Laerskool Krugerpark uitgedraf en met ‘n eindtelling van 15-7 as wenners uit die stryd getree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button