School sportSport

Osie-krieket tops

Laerskool Pietersburg-Oos se o/11- en o/13-kieketspanne het goed gevaar in die Super 12-kriekettoernooi wat verlede week in Rustenburg gespeel is.

POLOKWANE – Laerskool Pietersburg-Oos se o/11- en o/13-kieketspanne het goed gevaar in die Super 12-kriekettoernooi wat verlede week in Rustenburg gespeel is.

Die o/13A-span het die skool trots gemaak deur die semi-finale teen Laerskool Rustenburg met vyf paaltjies staande te wen.

In die eindstryd het die o/13’s egter ‘n taai wedstryd teen Laerskool Stefanus Roos met net drie lopies verloor en het die tweede plek in die toernooi ingeneem.

Die o/11A-span aan dié toernooi deelgeneem.

Die span het vierde geëindig nadat hulle in die semi-finale teen Laerskool Mooirivier van Potchefstroom verloor het.

“Wanneer jy die twee spanne se punte kombineer, het Oosskool eintlik die toernooi gewen. Ons is baie trots op die seuns vir hulle puik prestasies,” het William Gadney, Oosskool se sporthoof en krieketorganiseerder na afloop van die toernooi gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button