School sportSport

Tom Naudé-leerder gekies vir die SA-binneshuisekrieketspan

Eben Botha, 'n gr. 12 leerder aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, is aangewys as die tweedebeste aksiekrieketspeler in die land.

POLOKWANE – Eben Botha, ‘n gr. 12 leerder aan die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, is aangewys as die tweedebeste aksiekrieketspeler in die land.

Die 18-jarige matrikulant is ook gekies vir die o/25-presidentspan van Binneshuisekrieket Suid-Afrika.

Botha was op ‘n aksiekriekettoer van 28 Junie tot 5 Julie.

“Ek speel al aksiekrieket sedert ek 13 jaar oud was. Ek het baie geleer op die toer, veral dat spanwerk die beste en vinnigste manier is om ‘n situasie op te los.

“Ek het ook geleer dat enigiets moontlik is as jy in jouself glo en hard werk. Die feit dat ek aangewys is as die tweedebeste speler in die land is bewys hiervan.”

Volgens Botha is dit die vierde keer wat hy gekies is vir die Limpopo-span. Hy het voorheen vir die Limpopo-o/15-, o/23- en o/25-span asook die gemengde span gespeel. Dis ook die tweede keer wat hy ge-kies is vir die Suid-Afrikaanse span.

“Ek was die eerste keer gekies om vir die Suid-Afrikaanse o/15-span te speel, maar kon toe nie deelneem nie weens finansiële omstandighede. Nou het ek weer ‘n tweede kans gekry en ek voel geëerd, want ‘n mens kry nie sommer vir ‘n tweede keer so ‘n geleentheid nie. Dis weereens ‘n bewys dat enige iets moontlik is as jy hard werk en geniet wat jy doen,” sê Botha.

Hy voeg by dat die enigste uitdaging wat hy in dié sport ervaar is om homself elke keer te bewys aan ander.

“Ek is die jongste van die span en moet myself bewys, want die ander manne is ouer en het meer ervaring. Die beste van die sport vir my is om te kolf en lopies aan te teken,” sê Botha.

Botha oefen drie keer ‘n week.”Ek sal nooit ophou speel nie. Ek geniet dit regtig baie. As ek klaar is met skool en verder studeer, sal ek aangaan met my loopbaan.

“Ek sien ek myself steeds in die Suid-Afrikaanse span net in ‘n hoër rangposisie oor vyf jaar.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button