School sportSport

Triegie-krieketmeisies klop Warries met 191 lopies

Hoërskool Louis Tri-chardt se o/19-meisieskrieketspan het hul eerste wedstryd van die seisoen oortuigend met 191 lopies gewen.

MAKHADO – Hoërskool Louis Tri-chardt se o/19-meisieskrieketspan het hul eerste wedstryd van die seisoen oortuigend met 191 lopies gewen.

Die Triegies het Saterdag teen Hoërskool Warmbad se meisies te staan gekom op Warmbad se krieketvelde.

Louis Trichardt het eerste gekolf en 232 lopies aangeteken vir die verlies van 10 paaltjies. Warmbad het 42 lopies in 12 boulbeurte aangeteken vir die verlies van 10 paaltjies en met 191 lopies gewen.

Die beste kol-wers van die dag was Amorien Venter wat 41 lopies van 34 balle aangeteken het, Geraldine van den Berg met 36 lopies van 88 balle en Ninke le Roux met 34 lopies van 117.

Die beste boulers vir die dag was Amorien Venter met wat drie paaltjies laat wankel het in vier boulbeurte. Sy het net nege lopies afgestaan. Ninke le Roux het ook drie paaltjies laat val in drie boulbeurte en sy het 13 lopies afgestaan. Thina Phadziri het een paaltjie geneem in drie boulbeurte en sy het 13 lo-pies afgestaan.

Amorien Venter is ook aangewys as die speler van die wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button