School sportSport
Forever Resorts Limpopo se ligawenners na 31 jaar
Laerskool Louis Trichardt se eersterugbyspan wen die Forever Resorts Limpopo Liga vir 2015.
LOUIS TRICHARDT – Laerskool Louis Trichardt se eersterugbyspan wen die Forever Resorts Limpopo Liga vir 2015.
Hierdie wedstryde is op 20 Junie in Bela-Bela by Hoërskool Warmbad gespeel. Laerskool Louis Trichardt speel in die semi-finaal teen Laerskool Krugerpark en wen met ‘n telling van 29-10. Daarna speel Laerskool Louis Trichardt teen Laerskool Thabazimbi en Triegies wen die finaal met ‘n telling van 41-8.
Dit is die eerste keer vanaf 1984 wat Laerskool Louis Trichardt se eersterugbyspan hierdie liga wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



