School sportSport

Luggeweerspan maak PHS trots tydens hul eerste kompetisie

Die leerders het soos volg presteer:

POLOKWANE – Die Luggeweerspan van Hoërskool Pietersburg (PHS) het die naweek van 25 Maart baie goed presteer tydens hul eerste kompetisie van die jaar wat plaasgevind het by Höerskool Piet Potgieter in Mokopane.

Die leerders het soos volg presteer:

• Nelia du Plessis – algeheel eerste plek in die sporterklas en sy ontvang die Rhino Sporter wisseltrofee.

• Gustav Kamfer – algeheel eerste plek in die presisieklas en hy ontvang die Rhino Presisie wisseltrofee.

• Huntley Ferreira – algeheel tweede plek in die o/21-sporterklas.

• Alwyn Smit – algeheel derde plek in die o/21-sporterklas.

• Rosier van Blerk – tweede plek in die 3P kniel en derde plek in die 3P lê posisies in die o/16 ouderdomsgroep.

• Shauné Otto – derde in die 3P kniel posisie in die o/16 ouderdomsgroep.

• Marzé Becker – algeheel derde plek in die o/14-sporterklas.

• Mieke Gerber – derde plek in die 3P staan posisie in die o/14 ouderdomsgroep.

• Alexander Swanepoel behaal ‘n 3de plek in 3P kniel posisie in die o/14 ouderdomsgroep.

Tiaan van Rensburg, Johan Horn en Alwyn Smit het almal persoonlike beste tellings geskiet.

“Baie geluk aan al die lede van die skietspan. Julle maak ons trots met julle goeie gesindheid en sportmangees,” het Sané Moulder, een van die organiseerders, gesê.

riana@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button