PHS-skuts se oë ingestel op kompetisie
Die skuts van Hoërskool Pietersburg (PHS) het die afgelope vakansie pligsgetrou geoefen vir 'n komende skietkompetisie.
POLOKWANE – Die skuts van Hoërskool Pietersburg (PHS) het die afgelope vakansie pligsgetrou geoefen vir skietkompetisie wat op Saterdag 22 April gehou word.
Op die laaste dag van oefening het die skuts teen afrigter Gene Moulder hulle skiet vernuf getoets.

Van die skuts het baie goed gevaar, maar daar is van die skuts wat nog bietjie aan hulle skiet vernuf sal moet skaaf.
Een van die skuts, Sane Moulder het vertel dat dit baie belangrik is om gereeld te oefen, omdat dit ‘n sport is waar die skut se oog ingeoefen moet word en ook ingeoefen moet bly.

“Baie dankie vir al die harde werk wat die skuts ingesit het die vakansie, asook die ondersteuning van die ouers. Al die koffie wat julle so aandra word baie waardeer, skerts hy. Ons sien uit na ons tweede kompetisie op Saterdag 22 April by Hoërskool Ben Voster,” het Moulder gesê.




