School sportSport
PHS eindstryd geskiedenis
Hoërskool Pietersburg (PHS) het tydens die onlangse Hansieweek geskiedenis gemaak toe hulle vir die eerste keer in dié kompetisie in die eindwedstryd gespeel het.
POLOKWANE – Die Mauritz Hansen Rugbyweek, beter bekend as die Hansieweek, het van 4 tot 8 April in Mookgophong plaasgevind. PHS se o/14-span het in die eindwedstryd teen Hoërskool Zwartkop te staan gekom en alhoewel hulle as naaswenners uit die stryd getree het, was dit die eerste keer dat een van PHS se spanne die eindwedstryd gehaal het.
Edia Fouché, een van die ouers wie die wedstryd gaan ondersteun het, het aan Review vertel dat die dag baie opwindend was.
“Dit was baie lekker om die seuns te kan ondersteun. Ons het saam met hulle geskree elke tree van die wedstryd.
“Die gees was ongelooflik al het PHS nie gewen nie,” het sy gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






