School sportSport

PHS smaak oorwinning na harde stryd op astrobaan

Die Limpopo hokkieliga is in volle gang en Hoërskool Pietersburg se eerste, en o/14-hokkieseuns, het op Woensdag, 19 April teen die o/14- en eerstespanne van Hoërskool Ben Viljoen te staangekom op PHS se astroturfbaan.

POLOKWANE – Die seuns het ‘n harde stryd gehad maar kon op die einde van die dag wegstap met oorwinnings vir beide spanne.

Jos Fouché maak seker dat die bal nie in die doelhok beland tydens sy verdediging teen Hoërskool Ben Viljoen op die PHS astrobaan tydens die Limpopo Hokkieliga.
Foto verskaf: Edia Fouché

PHS se o/14-span wen met ses doele teenoor een, en die eerstespan wen met nege doele teenoor nul. PHS se spanne is dus deur na die volgende ronde van die liga.

Verdere bepalings sal later aangekondig word.

riana@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button