School sportSport

Pieties maak hul merk in swembad

Vier swemmers van Hoërskool Pietersburg (PHS) het nie die afgelope skoolvakansie op hulle louere gerus nie.

POLOKWANE – Antoinette Füchs, Christiaan Stroebel, Ivan Beukes en Ethan Anderson het hul skool gedurende die S.A. Skoleswemkampioenskap van 10 tot 13 April verteenwoordig. Die stad was vanjaar se gasheer vir die kompetisie en swemmers van al nege provinsies het deur die water van die dorp swembad geklief om as kampioene gekroon te word.

Ethan raap ‘n derde plek in die 200 m IM op terwyl Ivan vier medaljes ingepalm het.

Ivan het ‘n eerste plek in die 100 m rugslag, ‘n tweede plek in die 100 m rugslagaflos, ‘n tweede plek in die 200 m vryslag en ‘n derde plek in die 100 m vryslag opgeraap.

riana@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button