Dis Noord teen Suid
Dit was 'n stryd van die suide en die noorde toe jong rugbyspelers mekaar onlangs die stryd op die veld aangesê het.
POLOKWANE – Spelers van Laerskool Pietersburg-Noord (Noordskool) en Laerskool Pietersburg (Suidskool) het op Suidskool se velde kragte gemeet in die jaarlikse rugbyliga.
Te midde van die ondersteuningskrete van die toeskouers het die jong spelers verlede Donderdag hul harte uitgespeel om as die wenners gekroon te word.
Die skole se o/9-, o/10-, o/11-, tweede-, en eerstespanne het mekaar die stryd op die rugbyveld aangesê.
Uitslae:
• o/9 – Noordskool speel 19-19 gelykop teen Suidskool.
• o/10 – Noordskool klop Suidskool 54-7.
• o/11 – Suidskool klop Noordskool 12-0.
• Tweedespan – Noordskool klop Suidskool 31-0.
• Eerstespan – Noordskool klop Suidskool 21-5.
Beide skole se hoofde het gesê die dag het baie goed verloop het en dat die kompetisie tussen die spelers die kans gegun het om hulle vernuf op die proef te stel en om hulle sterk- en swakpunte uit te lig sodat hulle daarop kan fokus.
riana@nmgroup.co.za.






