School sportSport

Osies plaas Kruinies in skaakmat

Die skaakspelers van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) en Curro Heuwelkruin het mekaar verlede Woensdagmiddag die stryd aangesê.

POLOKWANE – Die o/9-, o/11-, en o/13-spanne van beide skole het hul strategievermoeë uitstekend ten toon gestel maar Oosskool was die dominante spelers van die uitspeelwedstryde.

Skaak is ‘n strategiese bordspel vir twee spelers wat jou leer om nie slegs jou eie strategie te beplan nie maar ook jou opponent se skuiwe en strategie in ag te neem. Dié sportsoort kombineer die elemente van kuns, wetenskap en sport en help spelers om hulle denkvermoë op te ontwikkel en op te skerp.

Uitslae:

• o/9 – Oosskool wen 12-0.

• o/11 – Oosskool wen 13-1.

• o/13 – Oosskool wen 13-1.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button