School sportSport

Winterspele wink vir CVO netbalspelers

Verskeie netbalspelers van die CVO-Skool Potgietersrus is gekies om aan die jaarlikse BCVO Winterspele deel te neem.

MOKOPANE – Die CVO skole se top netbal- en rugbyspelers neem aan die Winterspele deel wat van 29 Julie tot 1 Augustus by die CVO Gromar op Groblersdal gehou word.

Die vyf streke wat gaan deelneem is: Noord-Transvaal, Noord-Kaap, Oos-Transvaal, Noordwes en Sentraal.

Die o/15 A- en B-netbalspanne wat Noord-Transvaal teenwoordig is die afgelope sewe weke besig om goed voor te berei.

Hierdie span bestaan uit die CVO-Skool Potgietersrus, CVO Vivo en CVO Louis Trichardt se beste spelers.

Die spelers van CVO-Skool Potgietersrus wat deelneem is Corli Pretorius en Jandri Venter.

Die CVO-Skool Potgietersrus se spelers wat vir die o/15 B-span gekies is, is Anica Goosen, Lené Nel en Marnel Venter. Die afrigters, Denise Uys en Zanita Botha, meen dat die span meer as gereed is om hulle teenstanders aan te vat.

Die spanne se spanbestuurders, Laura Oosthuizen en Marlize Steyn, bedank al die borge vir hulle bydraes en ondersteuning.

lionel@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button