School sportSport

Geraldine haal Springbokspan

Geraldine Britz (17) speel al van haar gr. 6-jaar ringbal en is vanjaar tot die o/20-Proteaspan verkies.

POLOKWANE – “Ek het nog elke jaar vir Limpopo gespeel, maar vanjaar is die eerste keer wat ek vir die Suid-Afrikaansespan gekies is.

“Die proewe is gedurende die laaste week van die vakansie in Nelspruit gehou,” spog sy met trots.

Geraldine speel doel en vertel dat dit vir haar heerlik is om in ‘n positiewe span te speel en vir dié span doele aan te teken.

Geraldine Britz. Foto: Verskaf

“Wanneer die span negatief is maak dit die ondervinding ook negatief. Vir my is wanneer die doele nie wil val nie een van die minder lekker dinge van die sportsoort, maar ek moet bieg dit is beslis nie ‘n maklike sportsoort nie.”

Sy vertel dat hulle as span vier keer vanjaar gaan oefen, elke keer op ‘n Saterdag en verskillende bane, en dat daar interne wedstryde gespeel gaan word om hulle vir opkomende wedstryde voor te berei.

“Toe ek gehoor het ek is vir die Proteaspan gekies was ek so oorweldig die trane het sommer begin rol. Dit is ‘n onbeskryflike lekker gevoel.

“My ouers is baie trots, my ma het ook sommer saam met my oor die nuus begin huil.”

Geraldine vertel haar ouer broer, Jarno, speel ook ringbal en hy help haar gemotiveerd hou.

Geraldine Britz in aksie Foto: Verskaf

Bo en behalwe vir die Proteas uitdraf, speel sy ook op skool vir die eerstespan netbal.

“Dit is vir my lekker om dié twee sportsoorte te inkorporeer. Byvoorbeeld, waar ek by netbal nie mag voetfoute maak nie, probeer ek ook om nie by ringbal voetfoute te maak nie.”

Sy is in gr. 11 by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en ‘n lid van die Jakaranda Ringbalklub en beslis een om op die baan dop te hou.

 

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button