Vrouekamp bring vroue nader aan God
Woord in Aksie (WiA) Limpopo, ‘n interkerklike bediening, het die afgelope naweek ‘n vrouekamp in Polokwane aangebied waartydens vroue in ‘n Christelike omgewing oor hulle probleme en uitdagings as vroue gepraat en berading gekry het. Volgens Trienie Mahne en Debbie Dreyer, streekleiers van WiA in Limpopo, was die naweek baie intens. “Ons het oor verkragting, …

Woord in Aksie (WiA) Limpopo, ‘n interkerklike bediening, het die afgelope naweek ‘n vrouekamp in Polokwane aangebied waartydens vroue in ‘n Christelike omgewing oor hulle probleme en uitdagings as vroue gepraat en berading gekry het.
Volgens Trienie Mahne en Debbie Dreyer, streekleiers van WiA in Limpopo, was die naweek baie intens. “Ons het oor verkragting, aborsie, depressie, vrese, swak selfbeeld en ander onderwerpe gepraat. Daar was baie trane,” sê Mahne.
Sy het verduidelik dat WiA se doel is om deur middel van kampe mense aan die boodskap van vryspraak en geregtigheid voor te stel en om hulle in ‘n lewende liefdesverhouding met die Drie-enige God te bring sodat die Woord van God in aksie gebring word in hul lewens.
Die volgende WiA Limpopokamp is ‘n Tienerkamp wat op 22 Junie plaasvind. Vir meer inligting kontak Dreyer by 082 466 0253.
Storie en foto: KAREN VENTER
>>[email protected]



