Polokwane Pedallers hou prysuitdeling
Die plaaslike fietsryklub, Polokwane Pedallers, het Vrydagaand hul jaarlikse prysuitdeling in die stad gehou waar lede wat hulle verlede jaar goed van hul taak gekwyt het, vereer is. Die toptoekenning as Fietsryer van die Jaar is aan Hiadee von Well toegeken vir haar bydrae om uitsonderlike borgskappe vir die klub te werf. Sien storie elders. …

Die plaaslike fietsryklub, Polokwane Pedallers, het Vrydagaand hul jaarlikse prysuitdeling in die stad gehou waar lede wat hulle verlede jaar goed van hul taak gekwyt het, vereer is.
Die toptoekenning as Fietsryer van die Jaar is aan Hiadee von Well toegeken vir haar bydrae om uitsonderlike borgskappe vir die klub te werf. Sien storie elders.
Die Vasbyter van die Jaar is Vanessa Kruger vir haar deursettingsvermoë op ‘n fiets nadat sy ‘n rugoperasie ondergaan het.
Wimpy Botha wat hard met die aarde kennis gemaak en ‘n sleutelbeen gebreek het, is as King of Pain aangewys terwyl Anton van Wetten die meeste vordering getoon het.
Respect Ramashia, Frans Roodt, Emsie Stoltz en Aubrey Thomas is ook vereer nadat hulle provinsiale kleure ontvang het.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




