Mokopane se Kers­liggiefees bied iets vir elkeen

Die jaarlikse Kersliggiefees in Mokopane word vanaf 30 November tot 12 Desember ten bate van die Piet Potgieter Tehuis vir Bejaardes aangebied en ‘n vol program sal verseker dat daar iets na elkeen se smaak sal wees. Die fees neem in aanvang met die Kersmark wat verskeie stalletjies, aktiwiteite en kunstenaars bied. Daarna volg ‘n …

Die jaarlikse Kersliggiefees in Mokopane word vanaf 30 November tot 12 Desember ten bate van die Piet Potgieter Tehuis vir Bejaardes aangebied en ‘n vol program sal verseker dat daar iets na elkeen se smaak sal wees.
Die fees neem in aanvang met die Kersmark wat verskeie stalletjies, aktiwiteite en kunstenaars bied. Daarna volg ‘n interaktiewe kinderteater en geleentheid met spreker Lindie Strydom. Die fees word afgesluit met optredes van Jannie Moolman en Zita Pretorius.
“Die fees bied aan inwoners die geleentheid om bande te smee. Dit is ook ‘n manier om die tehuis se fondse aan te vul om sodoende die inwoners se verblyf en geriewe te verbeter. Ons tehuise ontvang slegs ‘n klein subsidie van die staat en is daarom op hulself aangewese om die nodige fondse in te samel,” sê organiseerder, Mariana van Tonder.
Afgesien van verskeie kosstalletjies met pannekoek, varkburgers en pap en kaiings, sal daar ook ‘n kinderspeelarea beskikbaar wees en ‘n donasie van R10 per persoon word by die hek gevra.
Op 3 Desember om 18:30 word die ‘Laat jou liggie skyn’-produksie vir kinders tussen drie en agt jaar aangebied teen R30 per persoon. Lindie Strydom sal op 6 Desember die gehoor inspireer met haar gesprek: ‘My lewe is ‘n dankie’. Kaartjies kos R100 en sluit verversings in.
Moolman tree op 10 Desember teen R80 per persoon op en Zita Pretorius tree op 12 Desember op Game se dak op.
Van Tonder kan by 015 491 6314 of 082 804 6854 geskakel word vir verdere inligting.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button