Limpopo Eisteddfod inskrywings reeds oop

Belangstellendes kan reeds begin voorberei vir vanjaar se Limpopo Eisteddfod wat op 12 Mei in die stad afskop en tot in September aangebied word. Meer besonderhede verskyn op die Eisteddfod se webblad: www.limpopo-eisteddfod.co.za en die eerste inskrywings sluit reeds op 17 April. Die dans- en redenaarskompetisies word van 12 tot 14 Mei aangebied en inskrywings …

Belangstellendes kan reeds begin voorberei vir vanjaar se Limpopo Eisteddfod wat op 12 Mei in die stad afskop en tot in September aangebied word.
Meer besonderhede verskyn op die Eisteddfod se webblad: www.limpopo-eisteddfod.co.za en die eerste inskrywings sluit reeds op 17 April.
Die dans- en redenaarskompetisies word van 12 tot 14 Mei aangebied en inskrywings sluit op 17 April, met laat inskrywings tot 24 April.
Die drama-, vokaal- en instrumentaalkompetisies word op 24 tot 27 Augustus gehou en inskrywings sluit op 17 Julie met laat inskrywing tot 24 Julie.
Kuns en fotografie kom op 16 September aan die beurt en inskrywings sluit op 14 Augustus met laat inskrywings tot 21 Augustus, wanneer kunswerke ingehandig moet word.
Die plekke waar die onderskeie kompetisies aangebied word, sal mettertyd bekendgemaak word.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button