Local sport

Junior jukskei-aksie saam met nasionale spelers in Polokwane

Vertoonwedstryde tussen JSA en Limpopo se juniorspanne skop om 14:00 af in Polokwane – kom ondersteun die plaaslike bane vanmiddag.

POLOKWANE – Vandag is ‘n merkwaardige geleentheid vir Limpopo jukskei wat die Suid-Afrikaanse Junior Binnelandse Toer aanbied.

Spelers maak gereed vir die afrigtingskliniek.

Die nasionale toerspan is reeds gister in die stad verwelkom.

Die program is vol met jong spelers wat vanoggend ‘n afrigtingkliniek saam met bekwame afrigters van Jukskei Suid-Afrika (JSA) bywoon.

Die manier hoe die skei vasgehou word is belangrik.
Spelers word in groepe ingedeel.

Om 14:00 begin die aksie met vertoonwedstryde tussen JSA en Limpopo se junior spanne.

Indien jy nie planne vir vanmiddag het nie, besoek gerus die plaaslike jukskeibane om Limpopo se junior spelers te ondersteun.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button