Local newsMunicipal

AfriForum se Standerton-tak verseker dat belangrike werk voortgaan ondanks wateronderbrekings

“Ons kan nie toelaat dat die dialise-sentrum se lewensbelangrike taak gekniehalter word weens die wateronderbrekings nie. Mense se lewens hang hiervan af,” sê Leon Enslin, voorsitter van die Standerton-tak.

AfriForum se Standerton-tak voorsien sedert Februarie tot nou water aan die gemeenskap te midde van die voortslepende wateronderbreking wat tans plaasgevind. Boonop laai die tak daagliks water by huise af waar die inwoners nie in staat is om dit self te gaan haal of vervoer nie.

So ook word groot hoeveelhede aan onder meer ’n diereskuiling en die dialise-sentrum gelewer sodat noodsaaklike werk en ondersteuning kan voortgaan. Hulle voorsien ook water aan die dorp se polisiestasie en die aanhoudingselle.

Soos vele ander kere die afgelope maand, was die tak genoodsaak om Dinsdagoggend al skuins voor 02:30 die dialise-sentrum se JoJo-tenks op te vul.

“Ons probeer so vroeg moontlik die water te gaan tap voordat die kontrakteurs wat water na die gemeenskappe aanry, daar opdaag. Hulle voel niks vir noodgevalle nie, en sal ander nie ’n kans guns om gou water te kry nie. As jy agter hulle beland, wag jy vir ure vir ’n moontlike beurt om water te kry, ” het Leon Enslin, voorsitter van die AfriForum-tak in Standerton, vertel.

In ’n brief wat AfriForum Dinsdag aan die Departement van Water en Sanitasie in Mpumalanga gestuur het, eis die organisasie dringende ondersoek na verskeie wateronderbrekings in die provinsie. Buiten Standerton, word Bethal en ander dorpe ook deur onderbrekings geraak.


a bakkie pulls a trailer with a jo jo tank on top
Water word by die polisiekantore op Standerton afgelaai. Foto: Verskaf

“Ons kan nie toelaat dat die dialise-sentrum se lewensbelangrike taak gekniehalter word weens die wateronderbrekings nie. Mense se lewens hang hiervan af en ons moet verseker dat hulle daagliks water het om hierdie noodsaaklike prosedure voort te sit.

“As daar nie genoeg skoon water is nie, moet die pasiënte weggewys of hul prosedures kortgeknip word. Die gesuiwerde water vanaf die munisipaliteit is broodnodig, want die gespesialiseerde toerusting kan breek wanneer boorgatwater of gryswater gebruik word.

“Dieselfde noodsaaklikheid vir water geld vir diereskuilings,” het Enslin gesê.

Verder het die Standerton-tak gedurende Februarie bome in die dorp gesnoei nadat oorgroeide bome die kragnetwerk onstabiel gelaat en veroorsaak het dat gereelde kragonderbrekings plaasvind.

Daar is ook twee groot slaggate op die R39 en R546 herstel. Hierdie twee slaggate het al menigte male motorongelukke veroorsaak omdat motoriste in ander bane in uitswaai om die gate te vermy.

“Ons wil verseker dat padgebruikers nie onnodige skade aan hul voertuie opdoen nie en dat hulle die paaie veilig kan gebruik,” het Enslin afgesluit.




ALSO READ: Bethal Road bridge in Trichardt is under construction

ALSO READ: AfriForum sit hul werk voor in GMM, oorhandig aansoekvorm vir inligting

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button