School sportSport

Marietjie van Niekerk presteer

Twee spanne wen liga.

Laerskool Marietjie van Niekerk se rugbyspelers het geweet hoe om by die Mpumalanga Rugbyliga uit te blink en te presteer.

Twee van die skool se spanne, die 0/9-rugbyspan en die eerste rugbyspan is vanjaar se ligawenners.

Mnre. Leon Booyens rig die 0/9-rugbyspan af en Gert Pienaar die eerste rugbyspan.

Die ligawedstryde het op Witrivier plaas gevind.

Die 0/11-rugbyspan en die 0/12-netbalspan is die naaswenners in hul onderskeie ligas.

Die skool se rugby- en netbalspelers het hard deur die loop van die jaar geoefen om die prestasies te behaal.

“Die skool is trots op die spanne,” het me. Mariana Dreyer, onderwyser, gesê.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button