EHS klop Liggies in GS-liga
Hoërskool Ermelo se eerste krieketspan het as wenners weggestap in die Gert Sibande-liga nadat hulle Ligbron Akademie vir Tegnologie met 41 lopies geklop het.
Hoërskool Ermelo se eerste krieketspan het as wenners weggestap in die Gert Sibande-liga nadat hulle Ligbron Akademie vir Tegnologie met 41 lopies geklop het.
Die eindstryd is op 1 Oktober op die Liggies se tuisveld beslis.
Nadat hulle die loot gewen het, het die Erries besluit om eerste te kolf en daarin geslaag om 190/9 in hul 50 beurte aan te teken.
Jeandré Muller (61 n.u.n.), Leon Visser (27) en Ruan Grobler (25) was die EHS se beste kolwers.
Ligbron se beste boulers was J.P Labuschagne wat 4/44 in nege beurte platgetrek het en Berno van Niekerk wat 2/21 in 10 beurte geneem het.
‘n Vereiste lopietempo van 3.8 lopies per boulbeurt het binne die bereik van die Liggie-kolwers gelyk, maar goeie boulwerk deur die Errie-boulers het gesorg dat die lopies nie kon vloei nie.
Ligbron is in die 50ste boulbeurt almal uitgehaal vir slegs 149 lopies.
J.P Labuschagne wat 37 lopies aangeteken het, was Ligbron se beste kolwer.
Die Erries se beste boulers was Qiniso Habile (4/25 in 9.5 boulbeurte), Ruan Grobler (2/18 in 7 beurte) en Jeandré Muller (2/26 in 10 beurte).
Die Erries kom volgende in die Mpumalanga-halfeindstryd teen die wenners van die Middelburg-streek te staan.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



