MLA-atlete draf katvoet oor die klippe
’n Paar hindernisse het die baan interessant gemaak het.
Woensdag, 11 Augustus het die vierde landloopliga by Morgenzon Landbou Akademie (MLA) plaasgevind.
Die plaas met die 6 km-roete is benut en die senior seunsroete is met geel vlaggies aangewys.
Die atlete moes katvoet wees en onder andere vir klippe uitkyk, versigtig wees deur die bome en oor bruggies.
Die 4km-roete, wat met pienk vlaggies aangewys is, het ’n 2 x 2km roete in die skoolterrein behels.
Lillian Veldman het ’n sewende plek behaal onder die juniormeisies met ’n tyd van 20 min 07 sek en Jan-Harm Louwby het by die junior seuns met ’n 22ste plek geëindig.
Die Landloop Interhoërspan het op 17 Augustus op Ermelo by Ligbron Akademie meegeding.
Altesaam 17 atlete het aan die Kringbyeenkoms by die AJ Swanepoel-stadion deelgeneem.
’n Paar hindernisse het die baan interessant gemaak het.
Die byeenkoms het as uitdunne gedien vir die Gert Sibande Kampioenskap wat op 27 Augustus by Laerskool Breyten plaasvind.
Hugo Spies, Siebert Myburgh, Jan-Harm Louw en JJ van der Merwe sal MLA verteenwoordig.




