MLA 0/15-rugbyspan gekroon as Beeld-troffewenners
Dié span, wat as die Brumbies bekendstaan, moes hard werk om tot die eindstryd te vorder nadat Curro Heuwelkruin in die kwarteindstryd geklop is, sowel as Ferdinand Postma in die halfeindstryd.
Morgenzon Landbou Akademie (MLA) se 0/15-rugbyspan is Beeld-trofeewenners nadat ’n span vir die eerste keer in die skool se geskiedenis so ’n prestasie behaal het.
Dié span, wat as die Brumbies bekendstaan, moes hard werk om tot die eindstryd te vorder nadat Curro Heuwelkruin in die kwarteindstryd geklop is, sowel as Ferdinand Postma in die halfeindstryd.
Hulle het hulle fisies en geestelik goed vir die kragmeting op Koster voorberei waar Maragon Olympus opgewasse was om ’n harde eindstryd te verseker.
Reeds met die afskop het die 0/15’s die wedstryd gedomineer en binne minute punte aangeteken.
Marinus Britz (kaptein) het vier en Nkosinathi Nkosi een drie gedruk.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.