School sportSport

Marietjie-atlete presteer

Landloopatlete wys wat in hulle steek.

BETHAL – Drie leerders van Laerskool Marietjie van Niekerk het vanjaar in landloop presteer.

Jason Brits (0/8) het tydens die Interprovinsiale Kampioenskap negende geëindig.

Hy het tydens die Mpumalanga Kampioenskap ’n eerste plek behaal en tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskap het hy 55ste geëindig uit ‘n totaal van 114 atlete in sy ouderdomsgroep.

Schalk Brits (0/9) het op sy beurt op provinsiale vlak die 15de plek behaal en tydens die Mpumalanga Kampioenskap sesde geëindig.

By die Suid-Afrikaanse Kampioenskap het hy 61ste geëindig uit ’n totaal van 109 atlete.

Meceila Brits (0/11) het tydens die Suid-Afrikaanse Baan- en Veldkampioenskap vyfde in die 1 200m geëindig.

Sy het ook in landloop presteer en die eerste plek behaal tydens die Mpumalanga Kampioenskap en het vyfde tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskap geëindig.

Sy het tydens klubbyeenkomste ’n sewende plek interprovinsiaal behaal, tweede in Mpumalanga geëindig en eerste tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskap gekom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button