School sportSport

Laerskool HM Swart-leerders beïndruk tydens interhuis

Morongwa Moseloane het die 75m-hekkies vir D0/12 verbeter in ’n tyd van 12,72 sekondes

BETHAL – Laerskool HM Swart het hul interhuisatletiekbyeenkoms Saterdag, 21 Januarie aangebied.

Hoewel dit ’n warm dag was, het dit nie atlete gekeer om rekords te verbeter nie.

Morongwa Moseloane het die 75m-hekkies rekord vir D0/12 verbeter in ’n tyd van 12,72 sekondes.

Sy het met dié prestasie 824 ASA-punte verwerf.

Ximmone de Waal het die D0/13-gewigstootrekord met ’n afstand van 10.88m verbeter.

Sy het 901 ASA-punte verwerf.

Waylan Meyer het 684 ASA-punte verwerf nadat hy die gewigstootrekord vir S0/10 met ’n afstand van 8.31m verbeter het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button