Liggies skud atletiekvere reg
Die Liggie-atlete het te midde van strawwe kompetisie goeie vertonings gelewer en talle podiumplekke behaal.
Atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie het die afgelope naweek aan ’n byeenkoms deelgeneem wat deur HTS Middelburg aangebied is.
Die Liggie-atlete het te midde van strawwe kompetisie goeie vertonings gelewer en talle podiumplekke behaal.
Die volgende atlete het onder die eerste twee plekke in hulle onderskeie items geëindig: Pikkie Taljaard (0/19) tweede plek verspring; Dalmari Ackermann (0/19) eerste plek spiesgooi; Megan Herbst (0/15) eerste plek 300m hekkies; Nhlakanipho Starbulberg (0/14) tweede plek verspring; Daniel van Zyl (0/17) tweede plek driesprong; Annatjie Bibbey (0/19) tweede plek 3000m; Luvuna Kubeka (0/15) tweede plek 100m hekkies; Denzil Mavundla (0/17) tweede plek 110m hekkies; Charl du Toit (0/16) eerste plek hoogspring; Tokkie Ntshangase (0/19) tweede plek 400m; Isaac Pedro (0/19) tweede plek hoogspring; Jandri Coetzee (0/15) tweede plek spiesgooi; Londa Nkosi (0/14) tweede plek hoogspring; Usanele Nkambule (0/15) tweede plek 100m; Mikyla le Roux (0/16) eerste plek skyfwerp ; Philani Zwane (0/17) tweede plek 100m; Calvin Clack (0/19) eerste plek gewigstoot; Leon du Preez (0/16) tweede plek 400m hekkies en eerste plek 110m hekkies; Sias Jacobs (0/14) eerste plek gewigstoot en eerste plek diskus; Martin Meyer (0/14) eerste plek 100m, eerste plek 200m en tweede plek 100m en Njabulo Mahlobo (0/17) tweede plek verspring, eerste plek 200m en eerste plek 100m.
Ligbron se atlete neem eerskomende Vrydag aan ’n vriendskaplike byeenkoms by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier deel.






