School sportSport

MLA vaar uitstekend tydens Interlaer

Iné Nel is as die beste Dogter Junior Baanatleet aangewys in die 600m met ASA-punte van 690, terwyl Elizmarie Greyling as Senior Victrix Ludorum aangekondig is.

Morgenzon Landbou Akademie (MLA) het op 17 Februarie hulle Laerskoolinterlaer op Amersfoort gehou.

Altesaam ses skole het meegeding en 33 medaljes is verower.

Iné Nel is as die beste Dogter Junior Baanatleet aangewys in die 600m met ASA-punte van 690, terwyl Elizmarie Greyling as Senior Victrix Ludorum aangekondig is.

Die ASA-tabel is soos volg:

  • Iné Nel – 600m (690 punte)
  • Zané du Plessis – 150m hekkies (729 punte) en 75m hekkies (720 punte)
  • Elizmarie Greyling – 150m hekkies (737 punte), 75m hekkies (686 punte) en gewigstoot (633 punte)
  • Liza J van Vuuren – gewigstoot (682 punte)
  • Chantel Oosthuizen- 200m hekkies (651 punte) en 100m (649 punte)
  • Martionette Rautenbach – gewigstoot (651 punte)

MLA het dié atlete met hulle uitslae gelukgewens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button