Die Bethal Buffels se eerste- en tweede rugbyspanne het op 18 Julie, op hul tuisveld by Hoërskool Hoogenhout, in die halfeindstryd van die Mpumalanga Premierliga met onderskeidelik Lydenburg 1 en Malelane 2 kragte gemeet.
Bethal Rugbyklub se tweede span het eerste op die veld gedraf en Malelane 2 met 19-17 geklop.
Bethal Buffels 2 se puntemakers is Tumelo Mtsali, Nhlanhla Mtsweni en Diean Swart wat elk een drie gedruk het en Ruben Silvo wat twee drieë verdoel het.
Thando Simelane en Sphamandla Khonywa is as die beste spelers van die wedstryd aangewys. Bethal Buffels se eerste span het skoonskip gemaak en Lydenburg 1 met 31-18 geklop.
LEES OOK: Former Secunda Home Affairs officials’ fraud case transferred to Evander
Die Buffels 1 se puntemakers vir die wedstyd is Divan van Jaarsveld, Damian Losper, Mbongeni Mlangeni en Treasure Sibanyoni wat elk een die aangeteken het, Leon de Vries wat vier drieë verdoel het en een strafskop deur die pale gestuur het.
De Vries is dan ook as een van die beste spelers aangewys saam met Mpumelelo Mahlangu.
Jannie Burger, Bethal Rugbyklub se afrigter, het twee van Lydenburg se spelers, Cassie Steyn en Gerhard Strydom, wat Saterdag hul laaste wedstryd vir klubrugby gespeel het, bedank.
Burger het gesê dié twee spelers het baie vir klubugby op hul dorp gedoen. Beide dié spelers het vir langer as 20 jaar klubrugby gespeel.








